cover
Subscribe Free!Get the latest edition delivered directly to your inbox. Subscribe Stand a chance to win great prizes in each edition!

logo
Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 937
pinterest facebook twitter

submitnewsandevents

Become a contributor - find out how

Oulike Wenke

October 22, 2013 By:

Hou n rommeljag speletjie in die huis. Vra almal in die huisgesin om tegelyk en so vinnig as moontlik deur die huis te hardloop en 10 items te soek vir die rommelhoop of skenkings te maak. Herhaal die speletjie volgende keer met 11 items dan 12 items ens.

Sny altyd blikkies se deksels heeltemal af. Halfoopgesnyde blikkies se deksels is vlymskerp en kan lelike snywonde veroorsaak.

Sit doppies van spuitkannetjies onder die pote van n bed of kassie wat moeilik op die mat skuif. Die gladde plastiek sal maklik gly en jy sal nie die swaar meubelstuk hoef op te tel.

As jy met n verskeidenheid breidrade brei, steek elke draad deur n koeldrankstrooitjie voor jy begin. Die strooitjies sal keer dat die drade knoop.

Laat ou teesakkies goed uitdroog en doop hulle dan in gesmelte kerswas. Wag totdat die kerswas stol en gebruik die sakkies as aanstekers vir jou braaivleisvuur.

Vir almal wat die buitelewe geniet. (Veral die wat by die see is.) Vat jou rommel met jou saam terug huistoe en maak seker dat jy net jou voetspore agterlaat, wanneer jy in die buitelug ontspan.

Groete, Sanette Ralph, Gordonsbaai

Leave a comment

Make sure you enter the (*) required information where indicated. HTML code is not allowed.