cover
Subscribe Free!Get the latest edition delivered directly to your inbox. Subscribe Stand a chance to win great prizes in each edition!

logo
Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 937
pinterest facebook twitter

submitnewsandevents

Become a contributor - find out how

Wa my tanne?

July 29, 2013 By: LekkerBekkig

So sit ek toe nou die aand en drink 'n biertjie om die son te help onder gaans en Connie kom sit daar by. Sy is 'n middeljarige vrou wat nou besig is om te skei van haar man. Ek hou van haar. Sy laat my lag.

Ons praat toe so oor dit en dat en die gesprek kom toe nou op tanne af.  Dawie sê sy tanne pyn, nou al ‘n week of twee lank.  Nie een spesifieke een nie maar sommer sy hele mond.  Ek onthou toe dat ek iewers gelees het dat tande te doen het met kwaad wees.  Seker omdat hulle hom so hard laat werk en nie baie gaaf behandel nie, o ja en omdat hy nie seker is dat hy elke Donderdag aand kan gaan Ballroom Dancing doen daar in die Yacht club se saal nie.  Ek sal maar liewer nie die plek se naam noem nie.  Mens weet nooit wie uit die bloute op jou gaan afspring met een of ander onherroeplike voodoo pop vol spelde  gestop of dalk n hofsaak ontketen of iets nie.  Anyway terug tande toe.

Connie haak af en sê, so met n paar tande missing hier aan die kante van haar mond, blykbaar het die eks dit uitgemoker in n hewige geveg of iets.  Sy teem; “Ja, ek het mos so hondjie gehad, shame ou Katoolsie – sy as lê daar in die Mercedes, hy is al seker moeg saammet my rondgekarjakker.  Anyway ek sien ou Katoolsie loop swaar een dag.  So asof iets nie lekker erm, jy weet wil deur sy konstitusie beweeg nie.  Ek kry toe bietjie wurm stoop en gee dit vir hom in.  Meantime soek ek my vals tande orals en kry dit nêrens nie.  Toe Katoolsie eventually himself ontlas; ek sweer hy smile sommer vir my van blydskap; toe sien ek daar lê my tanne.  Ek gryp die braai tang en lig hulle uit en sommer direk in die Jik in.  Hulle kom nog witter daar uit (en ek is seker bietjie kleiner ook) toe is dit Handy Andy, Sunlight Liquid, sout water en ek weet nie wat nog als nie.  Maar ek kry myself net nie so vêr om die goed weer in my mond te sit nie.  So nou loop ek maar so half haasbekkie half kleurling-van-agteraf rond. Katoolsie het nog kort voor sy dood vir my gesmile elke keer wanneer ek die tanne uit die boksie uithaal wat voor my bed staan.

Connie pik ‘n traaintjie van haar wang af.  Ek weet nie of dit vir Katoolsie of vir die tanne was nie.

Leave a comment

Make sure you enter the (*) required information where indicated. HTML code is not allowed.