cover
Subscribe Free!Get the latest edition delivered directly to your inbox. Subscribe Stand a chance to win great prizes in each edition!

logo
Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 937
pinterest facebook twitter

submitnewsandevents

Become a contributor - find out how

Die Siel van die Dier - Nikki Swanepoel, Nguni Kunstenaar Extraordinaire

August 6, 2013 By: Marlene Bramley

Daar is 'n storm voorspel die dag toe ek oor die berg ry Grabouw toe.  Ek sien die donker wolke oppak oor die see en wonder hoe laat dit ons gaan tref.  Die sms wat my beduie waar ek keramiek kunstenaar Nikki Swanepoel ontmoet, is baie duidelik maar ek moet tog n paar keer omdraai oppad na haar skuur toe.  Dis bo teen die berg, tussen klippe en plante met die berge wat rondom rys.  Die bordjie teen die hek sê: “Geen toegang sonder ‘n afspraak nie,” en ek wonder wat aan die anderkant van die toe deur lê.

Twee honde ruik vriendelik aan my en Nikki kom groet.  Van meet af hou ek van haar plat op die aarde aanslag en oop blik.  Sy maak verskoning dat sy nie “aangetrek” is vir die onderhoud nie terwyl ek haar verseker dat ek van dinge hou soos hulle is, met geen pretensie nie.  Baie soos haar kuns, wat my onmiddelik aangryp. 

Ons stap met n koppie tee in haar ateljee in.  Terwyl ons praat vat-vat haar praktiese, sterk hande aan die vee koppe wat almal op 'n ry staan voor 'n venster.  So asof hulle oppad is iewers heen. 

Swnpl0039Sy praat passievol oor diere, hulle gedrag en hoe mense met hulle omgaan.  “Ek het ‘n intense belangstelling in diere sedert kinderjare, en hoe hulle lewens, wanneer verweef met ons s’n, die samelewing en kultuur beïnvloed.  En op ‘n persoonlike vlak verbeeld my werk ook twee skynbaar teenstrydige aspekte van my lewe, die van kunstenaar en die van veearts. “ 

En die Ngunis? Ek wys na die keramiek beeskoppe wat so in ‘n trop staan voor die venster. 

“Ngunis is fascinating diere.  Hulle is so belangrik in ons geskiedenis en was getuie van soveel dinge wat in hierdie land gebeur het.  Toe die eerste Europese skepe hier anker gegooi het, is dié beeste gebruik in konflikte.  Hulle was eintlik ook die oorsaak van vele gevegte.  Die Afrika mense se lewens draai vandag nog om beeste.  Hul lewer kos en velle, trek ploeë en waens, dra mense en hul besittings in hul alledaagse lewens en selfs gedurende oorloë.  Hulle tree ook op as geestelike vaartuie op soek na kontak met die voorvaders.  Die siel van die bees is, soos ons, individueel maar tog sterker wanneer hulle in troppe loop en leef.”

Sy verduidelik dat die amper Chinese Ming motiewe wat op van die beeste is kolonialisasie uitbeeld, en watse impak dit op hierdie land en op sy diere gehad het. 

Ek voel-voel aan die motiewe op een van die koppe terwyl Nikki vertel dat sy daarvan hou wanneer mense haar beelde optel en met hulle ‘interact’.  “Ek wonder altyd hoe blinde mense diere ‘sien’.  Weet hulle hoe lyk 'n hele perd, want mens kan net dele van die dier op 'n slag voel.  Met hierdie nuwe reeks van my wil ek graag hê dat blinde mense die hele klein perdjie voel.  Miskien sal hulle dan kan deel in die absolute beeldskoonheid van die dier wat ons bevoorreg is om te kan sien. “

Sy praat verder oor hoe beelde gemonteer word in huise en gallerye.  “Daar is praktiese en konsepsuele oorwegings vir die montering van werk.  Die rede hoekom goed op pedestals gemount word is dat dit dan nie so fragiel is nie."

"Maar konseptueel raak mens afgesonder van die beeld en word dit amper n objek. Iets waarvan ons verwyder is, iets wat minderwaardig teen ons staan. Ek is beter as die dier… Die dier is my trofee.  Iets wat ek gejag en doodgemaak het.  Iets waarbo ek verhewe is."

"Wanneer mens die koppe net so teen die muur sit,  word dit deel van die alledaagse omgewing.  Deel van my omgewing.  Mens en natuur in harmonieuse interafhanklikheid.”

Sy tel een van haar honde beelde op en praat oor interafhanklikheid en hoe ons omgaan met diere en die natuur.  Sy wys my ‘n beeld wat uit twee elemente bestaan.  Een ‘n mens figuur wat skeef teen ‘n ewe skewe perd-tipe figuur leun.  “Die een kan nie sonder die ander regop bly nie.  Hulle is apart van mekaar, maar kan nie alleen regop bly nie.  Die boodskap daarin is ooglopend."

Die onderwerp van kuns en geld kom op en Nikki vertel hoe sy vanaf 2008 as ‘n professionele kunstenaar werk.  “Ek maak heeltemal staat op my kuns vir ‘n inkomste.  Maar net soos in die landbou moet mens die keuse maak tussen die kleiner, meer intieme en betekenisvolle werk; en die grootskaalse werk wat kommersieël is en baie geld maak.  Iewers moet mens ‘n goue middeweg kry.  Ek het nog nie die antwoord op daardie vraag nie.  Ek dink min mense het.”

Swnpl0029Daar is altyd die opsie van nutkuns.  Kuns wat funksioneel maar tog betekenisvol is.  Ek vra daaroor uit terwyl ek na ‘n voet-tipe beeld kyk wat gate soos murgbene het.

“Ek het op 'n stadium gedink ek wil keramiek ontwerp gaan studeer sodat ek meer met vessels kan werk, amper utiliteits-ontwerp. In die Chinese kultuur gebruik hulle wonderlike teepotte wat 'n daaglikse ritueel is, en ook 'n estetiese en spirituele ervaring.  Ek het so koffie koppie, hy’s eintlik baie onprakties maar hy’s tactile."

Elke oggend as jy jou tee of koffie drink, of rooibos tee as mens nou meer gesond is as ek,  dat jy nie drink terwyl jy by die deur uithardloop of in die motor oppad werk toe is nie.  Maar dat jy vir daai paar minute wat jy daar sit, net ‘n oomblik neem om te reflekteer …  amper soos n meditasie. “

Ek maak my tee klaar en kyk na die koppie, die onderhoud het soos ‘n aangrypende meditasie verbygevlieg.  Ek belowe om ‘n draai te maak by Nikki se volgende uitstalling wat op 23 Oktober by die Oude Libertas gallery oopmaak.  Wanneer ek by die hek uitry voel dit vir my asof ek iets agterlaat … moontlik ‘n stukkie van my siel. 

1 comment

  • Comment Link werkblad natuursteen Wednesday, 25 June 2014 10:13 posted by werkblad natuursteen

    Onze informatie video’s geven u uitleg over onder andere de verschillende soorten natuurstenen alsmede handige tips zoals het opmeten van uw werkblad en vele andere wetenswaardigheden. Heeft u vragen? Deze horen wij uiteraard graag! Via ons contactformulier kunt u uw vraag stellen, wij zullen dezelfde dag antwoord geven op uw vraag. Wij hebben natuurlijk ook experts die u graag telefonisch te woord staan.
    Read More:-http://natuursteen-werkblad.be/

    Report

Leave a comment

Make sure you enter the (*) required information where indicated. HTML code is not allowed.