cover
Subscribe Free!Get the latest edition delivered directly to your inbox. Subscribe Stand a chance to win great prizes in each edition!

logo
Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 937
pinterest facebook twitter

submitnewsandevents

Become a contributor - find out how

Die Swellengrebel Vliegklub bied weer van 28 Februarie tot 2 Maart vanjaar hul gewilde Vlieg-naweek (Fly In) by die Swellengrebel Vliegveld in samewerking met Prosperian Capital aan. Die Vlieg-naweek, die eerste van sy soort op die jaarlikse vlieg-kalender, het oor die jare baie gewild geword onder vlieg-entoesiaste en die publiek, met ‘n wye verskeidenheid vermaak wat beskikbaar is. Die organiseerders het vanjaar ‘n reëling met ‘n Breërivier-wynkelder getref om betrokke te wees, en hulle hoop dat die Swellendam kunste-gemeenskap ook aan die naweek se verrigtinge deel sal neem.
Die eerste gaste kom op Vrydag 28 Februarie per pad en lug by die vliegveld aan. Zulu Overland, wat in die verlede kos en akkomodasie by die vliegveld verskaf het, sal vanjaar weer na die moeës en die hongeres omsien. Swellendam Toerisme sal hulp bied aan almal wat saans meer as ‘n tent en ‘n matras benodig.
Die organiseerders verwag dat heelwat ander vliegtuie teen Saterdagoggend sal opdaag. Verlede jaar was die klub gasheer vir ‘n verskeidenheid moderne en klassieke vliegtuie en helikopters met ‘n gesamentlike waarde van etlike miljoene Rand. Die massa vliegtuie is altyd ‘n gesig om te aanskou wanneer hulle later in die dag na De Hoop vertrek vir ‘n privaat ontbyt.
Ander gaste kan die talle besienswaardighede in en om Swellendam besoek, of op plesiervaarte op die Buffeljagsdam gaan. Daar sal heeldag kos en drank by die vliegklub beskikbaar wees vir besoekers.
Een van die naweek se hoogtepunte is Saterdagaand se musiek-fees by die klub. Plaaslike orkeste en groepe uit Kaapstad gaan die aand optree. Hulle sluit in die Stone Jets, Ozzie Mars, A Series of Events, en Rewired.
Swellendam Vliegklub groet hul gaste op Sondagoggend ná ‘n heerlike ontbyt.
Volle besonderhede is beskikbaar op die klub se webblad – www.fasx.co.za.

Contact Info

Phone: +27 (0)
Website: http://
Venue: , , , Western Cape

Leave a comment

Make sure you enter the (*) required information where indicated. HTML code is not allowed.