cover
Subscribe Free!Get the latest edition delivered directly to your inbox. Subscribe Stand a chance to win great prizes in each edition!

logo
Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 937
pinterest facebook twitter

submitnewsandevents

Become a contributor - find out how

Die Anderkant van Kromdraai

Sponsored by Harry Basson Real Estate

2014

January 21, 2014 By:

Die lewe in die Kamp gaan aan. Die eens donkergeskroeide vlaktes voor my hek is weer lig na die ontruiming en vars witsand wat die plek na n spierwit strand laat lyk, n reuse sandpit vir n nuwe begin. Die letsels van die vuur is nog op plekke sigbaar maar so ook stukkies groen nuwe lewe wat uit die verwoesting uitstyg. Vir baie mense is dit n nuwe fase in hul lewens, sommige gaan die kamp vir oulaas groet en elders gaan, ander bly agter en begin opnuut. Van die inwoners het vasgehaak gebly in daardie vreeslik dag in Desember en sukkel nog daagliks om vorentoe te kyk. Een vir een word starter-huisies opgesit...blink blik huisies in die silwerwitsand. Nog pondok met die hoop op n nuwe tuiste.. N bitterpil vir baie maar die lewe gaan aan. Dit was n stil Desember wat in donker-as verbygegaan het. Die reuk van n geskroeide aarde sal my altyd bybly. Dinge het eens ook net te veel geword vir my en ek moes die traumas van 2013 uitween en rou totdat ek dolleeg was en plek maak vir 2014! Ek glo dat hierdie n goeie jaar gaan wees! Cheers!

All words and images by Anton van den Eijkel.

This must have been a notebook, filled with study notes, done over a period of time, destroyed in seconds, but still a message available.

Als is Nie Verlore Nie

December 17, 2013 By:

12 Desember 2013, Michelle se Facebook blad: DIE KAMP BRAND AF!!!!!!!!!!!!!

Dag drie van die Groot Opruim - 13 Desember 2013

Ons straat is vanoggend een droewige steenkool skildery, stukkies van die mense se hele wese in sak en as die vlakstes oor verstrooi. Die reuse vlamme als in sy pad verober, pyn en ellende is al wat oorbly. Prys Jesus, die vlamme het ons huis net-net gemis maar die donkerblou rook wolke nog vasgevang in ons klere en in ons longe. Ons is sonder krag en water, ek sien nog die gasbottels wat ontplof en die hemelruim inskiet, soos n maantuig op koers na die buiteruimtes. Steeds het ons soveel om dankbaar voor te wees, God gaan als weer nuut maak.

10 houses allegedly gutted by fire at Kay's Caravan Park tonight, not long after extensive flood damage to houses during the recent storms. As ever, the active Somerset West Facebook group rallied fast to get out there and coordinate assistance. Check the group for further details. Well done guys.

 

The past weekend's storm left Kay's Caravan Park in Strand devastated. This morning, Michelle van den Bergh said, "We are fine. The camp is in utter devastation, but all survived. It's sad. We are home. We didn't lose our home or animals. Only damage to the garden and fencing and our foundation soil under our house has been washed away. Our bathroom flooded and our carpets inside are wet, but we were lucky. People have brought food and aid to many."

Die Lewe innie sewentigs en tagtigs was so lekker eenvoudig; kaalvoet tussen die daisies en die lang vaalgras. Dit was 'n bubblegum era van borrels-blaas en jou hart op jou mou dra, die lewe was ongekompliseerd en sonder voorwendsels. Almal het na mooshy liefdesliedjies geluister, romantiese flieks by die ope-lug inry gaan kyk en storieromanse oppi draadloos en in fotoboeke verober. Selfs die tawwe weermag kerels, hulle was nou mos suckers vi die liefde, met hulle lang innige liefdesbriewe aan n noointjie by di huis. Hoe ironies, want dis die tye wat die liefde regtig 'seergemaak' het, seker omdat almal meer opreg was in doerie jare. Met di koms vani negentigs en die millenium draai, toe word als soveel meer gekompliseerd, liefde word woorwaardelik, mense kom met allerhande voorwendsels en als word goedkoop en plasties - en die liefde, soos 'n ou stuk lieslap oppie ashoop weggegooi.

Ek staan in die ry by 'n betaalpunt in Shoprite. Entjie vooor my in die langsaanse ry staan 'n ou egpaartjie, dalk nie so oud nie, maar verouderd deur die lewe se houe, goedkoop-wyn-verniel en opgesukkel, maar straatwys. Mens sien dit aan hul vuil hande, dit kan seker nie meer ordentlik skoonkom nie. Letsels vannie lewe, maar hulle lyk rustig, effe speels met mekkaar soos pasverliefdes. Hulle kyk op na my en groetknik en ek groet terug. Die man kyk na my en seg: God Loves me just as I am. Ek seg vi hom, Indeed, God Loves you so very very much. Meteens lyk dit op hy n huppel in sy hart kry. My oe skiet vol trane en my hart brand en onbewustelik gaan hulle voort, my hart is seer, ek kry seer vi hulle, maar ten minstehet hulle God se bevsting van Liefde gekry. Die boodskap is oorgedra!!

Sonskyn

October 29, 2013 By:

Die samelewing is vreeslik oppervlakkig en ek besef hoe ek baie jare lank gedwing en verplig was om self oppervlakkig te wees. Ek was alewig soos n wese op 'n rots, heen en weer meegesloer met elke golf wat oor my gespoel het. Ek't my hele wese en identiteit verloor. Ek't oral n plekkie innie son gesoek, maar net 'n tydelike heenkome gevind, tot die volgende golf gebreek het. Vandag is ek n diepe wese, stewig op God, want Hy is my rots en bergvesting en geen golf sal my net heen en weer klap soos n seil innie wind nie, ek sal weer opstaan en hoog staan. Ek't besef dat deur om openhartig, eerbaar en opregtelik eerlik te wees, dit my deursigtig en menslik gemaak het. Al dra ek my hart op my mou en deel my diepste diep, weet ek dat dit my vry maak en ander inspireer om vry te kom en vry te leef! Ons bind onsself aan ander se persepsies, ander se ankers van oordeel. Anker jouself aan God en leer jouself ken en sien deur Sy oe. Jy kan nooit iemand anders se skepping wees ni, niemand anders se drome herleef ni, niemand anders se spieel wees nie. Die masker wat jy opsit, is dieselfde wanindruk wat n spieel sal reflekteer. As jy 'n leuen glo en n leuen lewe, sal net jy jouself bedrieg, want di wereld sit en wag om vinger te wys en klippe te gooi. Of jy nou eerlik is of oneerlik, sal jy tog gesteenig word, maar ek sal eerder verkies om as eerlike gesteenig te word, want ek sterf eerder vi die waarheid as vi 'n leuen.

Ek Lewe

October 29, 2013 By:

 'n Mens se lewe en lewensreise is soos n groot laslappies-kombers, 'n blokkies-kombers gehekel en gebind deur hordes kleurige wol-draade, op plekke styf gespang, op ander n biekie meer los. 'n Gatjie hier en 'n verlore steek daar, 'n tapesterie van kronkelpaaie en anderse draaie. 'n Gekompliseerde patroon hier en eenvoudige patroon da, 'n mengelmoes ingevlegte karakter-eienskappe vani mens, soos 'n ou paar skoene want nog lekker dra, 'n vernielde oorgroote trui wat al gekrimp en uitgerek het, meermale as wat mens kan onthou. Daai stukki troos waaraan jy kleef want dit bring heimwee en goeie herinneringe. Dis die tapesterie vannie lewe, 'n stukkie oulap, 'n stukkie houlap, 'n nagedagtenis, 'n stukki onthou, 'n hele verhaal, ingeryg in elke draad, elke garing, elke knopie, elke blokkie. 'n Stukki geskiedenis, 'n stukki erfenis. Hoe kan mens so iets weggooi? Dis soos om 'n stukkie van jou siel te verloor.

Die reuk van vars verf stuur my op n heimweesreis na my kinderjare. Die huis kry n splinternuwe baadjie net voor Lente, net voor Kersfees en net voor die Pase. Elke keer is die net voor die geboorte van 'n nuwe begin, 'n nuwe seisoen. Jy weet dis net betyds voor die daisies die wereld in 'n kleurvolle tapesterie verander, die huis word behoorlik skoongemaak, die winter spinnerakke afgestof, die meubels met rooi olie iingvryf, die koper word gebrasso, die kant gordyne afgehaal, gewas en in stysel geweek, die vloere word met beesvet en lavental gepoets. Die huis is in rep en roer, di reuke waltz deur di lang gange met di houtvloere. die huis kry 'n nuwe baadjie, dis 'n fees van geure en kleure, n fees van reuke. Jy moet net koes of jy word met die stofveer geplaks, jy durf nie onder jou ma se voete te kom nie. Sy waltz saam met elke beweging, elke afstof en poets, elk opsit en afhaal, elke oppak en wegbere, uithaal en uitstaal. En so gaan dit di hele dag, van sonsopkom tot sonsondergaan, die huis kry 'n blink nuwe baadjie.