cover
Subscribe Free!Get the latest edition delivered directly to your inbox. Subscribe Stand a chance to win great prizes in each edition!

logo
Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 937
pinterest facebook twitter

submitnewsandevents

Become a contributor - find out how

Geagte Lesers

October 2, 2013 By: Michelle van den Bergh
Geagte Lesers LandnSand

Michelle van den Bergh - 40 jaar oud, woon in Kays Karavaan Park, Strand, Weskaap.

Eggenote van een, moeder van 2 menskinders, moeder van 8 dierekinders.

Sielskrywer, skrywer van eie lewensreise, sielsreise, memoirs, gedagtes en my geloofsreis en persoonlike reis met God.

Laat jou hart di illustrasies van jou lewe wees en laat jou siel di weerkatsing van di mooi daarvan wees ... 

Daar's soveel vryheid innie openbaring van n mens se siel, n lewensreis, n sielsreis, elkeen het n storie, elkeen het skoene wat se sole vlentersgeloop is deur dale van dorings en slote van graniet. Elkeen dra sy eelde vani druk vannie lewe, blase van geskaafde benoudheid en die toonstampe van verwyte, maar as die reis deur die woestyn na n vrugbare oase lei, is daar olie vir jou voete en salf vir jou siel, die oomblik wat jy jou tone innie sagte koel sand kan druk en allie pyn en lyding soos n lugspieelling voor jou oe verdwyn.

Dis een van daardie dae wat ek nettie kan of wil my draaie kry nie, ek dink toe aan iemand wat ek destyds geken het. Sy was altyd opgedollie van kop tot tone in ontwerpersgewaad, jy sou dink sys oppad na n hengse uithaal-en-wys seremonie, maar nee, sy was of besig met huisskoonmaak of wasgoed doen, al opgedress vi di okkasie. Ek't altyd gedink dis pure waansin, dalk iemand wat n huishulp 'nodig' het lat sy heeldag sit en naels kan verf. My oorlee ma het geglo, jy maak eers jou huis blink voor jy jouself blinkskrop en jy trek ou klere aan as jy innie huis rondkarwei. Beslis het dit iewers vasgehaak want ek glo jy bad nie en trek skoon klere aan om huis skoon te maak nie. Jy maak eers skoon en dan klim jy innie bad om die stof van jou lyf af te kry. Dalk het daai vrou iets geweet wat ek nie geweet het nie, dalk is opdress vir elke geleentheid dalk net hoe n mens dinge in jou lewe moet aanpak, of dit nou uitgaan is, of iets banals soos huiswerk of afsloofwerk. Sy't dit beslis in styl gedoen; dalk moet ek vandag n bietjie lipstiffie aansmeer en die wereld innie oge kyk, met pantoffels en al.

Die straatligte is uit, geen dansende silouette teen my kamervenster nie. Dis n kil, abstrakte donkerte wat soos n ysberg voor jou uittoring, die tipe donker sonder diepte, sonder warmte, die soort donker waar jy nie eens jou eie hand voor jou neus kan sien nie. Dis n onbeskryflike stilte, die seebranders se gedans eggo heen en weer innie donker nag, soos n velore boodjie ter woeste see, uitoorle aanie donkerte en net die golwe wat jou koers ken. Die stoepliggie is soos n ligtoring doer innie verte, die klanke vannie branders soos n reuse skulp teen my ore vasgedruk. Dis al wat ek innie stikdonker hoor, die wysie vannie see ...

En so kom di dag se kapperjolle tot n einde. Die son trek water en die aarde koel af. Die strate raak stil en die voeltjies se gesang het opgehou, dis nou net n sagte gefluister innie nessies, soos hulle regmaak vir die donkerkombers wat binnekort oor die aarde gaan toesak. Die straatligte gaan aan, die volk in hul huise, die dag se kleurvolle carnivalskleed maak plek vir die grys en middernagsblou, die blink silwer sterre soos stukkies blinkpapier oor die heelal gestroei, die maan loer oor sy goue kaasbaard, soos n sonneblom deur canola velde. Die nag is soos 'n dramatiese toneelstuk op 'n kers-beligte teater se blinkhoutvloere ... encore, encore!

More in this category: Onskuld is 'n kaalvoet kind »

Leave a comment

Make sure you enter the (*) required information where indicated. HTML code is not allowed.