cover
Subscribe Free!Get the latest edition delivered directly to your inbox. Subscribe Stand a chance to win great prizes in each edition!

logo
Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 937
pinterest facebook twitter

submitnewsandevents

Become a contributor - find out how

Onskuld is 'n kaalvoet kind

October 17, 2013 By:
Onskuld is 'n kaalvoet kind Michelle van den Bergh

Ek onthou die dae toe briewe nog goudwerd was, skoenbokse vol briewe, verjaarsdag kaartjies, troukaartjies, fliek kaartjies, plakkertjies, gegeurde koeverte, 'n boekie seels, ons almal het 'n hele paar van hiedie kosbare Pandora se boksies gehad, briewe oor en oor gelees ... gelag of gehuil aanie herinneringe van daai spesifieke oomblik, briewe in lint omgedraai, geseel met n soen of drukkies en soentjies. Ek dink aan al my briefies van God, sommiges kon ek optel en hou, ander in my geheue gebere, soos platgedrukte roosblare in 'n bybel of 'n woordeboek. Daar was die hartjiesklip padlangs een more, om my te herinner van Sy Liefde vi my, die pragtige skulpie, die mooi sonsopkoms, die pragtige ligstroom uit 'n venster innie hemel, die prentjieswolke op 'n reendag, 'n lewensgrote reenboog, die spierwit vlinder uit nerens wat op my bors kom rus het. So baie koesterbriewe van my Hemelse Vader, elkeen meer waardevol as goud of edelstene.

Onskuld is 'n kaalvoet kind vannie wind, onskuld ken geen vrees, geen skade of skande, glo altyd als en glo altyd die beste in almal. Onskuld is 'n kaalvoet kind, met roomys strepe om die mond se hoeke, taai toffie stringe innie hare, onskuld ken geen perke nie, geen donker-gevare nie, onskuld is vertroue met oorgawe. Onskuld glo soos 'n kind en onskuld leef voluit, onskuld gooi omsigtigheid innie wind, en ry die branders van geloof soos 'n perd sonder saal. Onskuld is 'n skulpie met n pereltjie, opgesluit in elke hart. As daai kosbare pereltjie gesteel word, klap daai skulpie styf toe en onskuld gaan verlore.
 
Vandag voel ek weer soos n ou kitaar wat se snare styf gestram is. Een verkeerde tokkel sal my snare middeldeur skeur. My note is vals en my klanke soos n klaaglied. Ek is moeg en afgetakel. Sit my neer onder die koelte van 'n lourierboom, naby n strompie van stille waters, sing vi my n wiegie-lied en draai my snare los, streel saggies oor my rondelyf en vryf liggies oor my lange arm, omhels my in n sagmoedige greep en streel saggies met jou vingers oor my soos n engel op n harp ... 'n ou geliefde kitaar van n troebadoer ... so voel ek vandag.

Ons almal het een of ander spesiale bederfie en as ons daai bederfie bekom het, is dit asof ons elke krieseltjie daarvan wil bewaar en preserveer sodat dit net 'n biekie langer kan hou, jy wil nie als op eenslag verober nie, jy wil die oomblik so lank as moontlik uitrek. Ek's seker die eeerste gedagte wat opkom is n boksie goeie tjoklits of ''n lekker bottel wyn, ingelegde vye of 'n troostende blikkie kondensmelk, als wat troos en heimwee bring. Maar vi my is dit so met 'n goeie boek, 'n geliefde tydskrif of nuwe bybel. Jy wil dit oopmaak en lees en aanhou lees tot die son opkom en weer gaan sak en jy wil net heg elke oomblik moet net aangaan en aangaan, sonder n einde, sonder n wag vi die volgende maand se tydskrif, vi die opvolg boek van die huidige een. Ek willie so lank hoef te wag nie, dis daai verassings-element wat jou nie kan laat wag vi die volgende uitgawe nie, die volgende bylae, die volgende hoofstuk nie, dis daai gevoel van 'n geskenk wat jy nie voor jou verjaarsdag mag open nie, nie voor ou kersaand nie, nie voor sy tyd nie. Dis daai opgewonde gevoel van nie weet wat om te verwag nie, maar in jou gedagtes raai jy, verbeel jy, en verwag jy. As ons net elke liewe dag, met sulke bo-natuurlike verwagtinge kan aanpak, 'n geskenk met elke nuwe oggendson, waar jy die lint moet lostrek en die geskenk koester en die bederfies daarby moet laat aanhou vi so lank moontlik, elke dag is n geskenk van genade, liefde, vergifnis, 'n nuwe skoon blad, van uitdagings en seen, van verassings en koestering. Sien dit as God se daaglikse Bederfie aan jou!

Leave a comment

Make sure you enter the (*) required information where indicated. HTML code is not allowed.