cover
Subscribe Free!Get the latest edition delivered directly to your inbox. Subscribe Stand a chance to win great prizes in each edition!

logo
Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 937
pinterest facebook twitter

submitnewsandevents

Become a contributor - find out how

'n Hart se Herberg

October 24, 2013 By: Michelle van den Bergh

Die reuk van vars verf stuur my op n heimweesreis na my kinderjare. Die huis kry n splinternuwe baadjie net voor Lente, net voor Kersfees en net voor die Pase. Elke keer is die net voor die geboorte van 'n nuwe begin, 'n nuwe seisoen. Jy weet dis net betyds voor die daisies die wereld in 'n kleurvolle tapesterie verander, die huis word behoorlik skoongemaak, die winter spinnerakke afgestof, die meubels met rooi olie iingvryf, die koper word gebrasso, die kant gordyne afgehaal, gewas en in stysel geweek, die vloere word met beesvet en lavental gepoets. Die huis is in rep en roer, di reuke waltz deur di lang gange met di houtvloere. die huis kry 'n nuwe baadjie, dis 'n fees van geure en kleure, n fees van reuke. Jy moet net koes of jy word met die stofveer geplaks, jy durf nie onder jou ma se voete te kom nie. Sy waltz saam met elke beweging, elke afstof en poets, elk opsit en afhaal, elke oppak en wegbere, uithaal en uitstaal. En so gaan dit di hele dag, van sonsopkom tot sonsondergaan, die huis kry 'n blink nuwe baadjie. 

'n Hart se herberg is diep weggesteek innie holtes van gister en vandag, met kronkelpaaie en styl-heuwels, verby 'n diepe kloof, 'n sloot innie wal van jou trane se dal. Die stormagtige waterval slaan neer met vlymskerp slagte, teryl die sproei soos vlinders saggies die lug invaar. Die pad na 'n hart se herberg is soos 'n pelgrimstog na die beloofde land, deur dorings en woestyne, deur krokodilwaters en slag-gate, vlermuis-tonnels, verlate vlaktes en bittere droogtes. So is die pad na 'n hart se herberg, maar as jy eers die herberg bereik het en jy klop aanie deur en die vriendelike Herbergier met Sy ope arms nooi jou binne, was jou moee voete, was jou gesig en hande af, gee jou n splinternuwe spierwit-kleid en nooi jou om as eregas aan Sy tafel te sit, 'n koningsmaal is voorberei, die kaggelvuurtjie knetter heerlik saam. Jy weet jys tuis, jy weet jys in jou Vader se Huis. Veilig in Sy Herberg, diep in Sy Hart se Herberg, jou naam is in pure goud in Sy Handepalms ingegraveer. Jy is n Koningskind in di Herberg van God se Hart.
 
Die afhangklikheid van bagasie ... ek't n baie interesante patroon gemerk oor myself oor di jare. Ek was n opgaarder, 'n opgaarder van my verlede en my hede. Ek't letterlik en figuurlik swaar gedra aan opgegaarde bagasie. My lyf was kromgetrek van rugpyn en my een skouer het laer as di ander gehang. Nie net het ek aan my lewensbagasies vannie verlede geklou nie, ek't my swaar gedra aan my hede. Ek't altyd sulke reuse handsakke gedra. Mandjies, tasse op wielletjies ... hoe groter, hoe beter. Ek moes elke keer net groter plek maak vi meer bagasie, in my handsakke het ek my hele lewe en wese gedra. Dit was daai een ding wat ek sou gryp as di huis moes afbrand, daai een ding waarmee ek graag begrawe sou wou word. Hoe absurd! Ek't geklou aan als wat ek geglo het, my bepaal, my koers bepaal en my lewensrigting bepaal. Al het ek geweet dat my afhanklikheid aan bagasie my siek gemaak het. Ek't gesien hoe die een handsak na die ander uit sy nate bars, ritsluiers wat oopbeur en afbreek, handvatsels wat middeldeurskeur.......nog steeds het ek vasgeklou asof my lewe daarvan afgehang het. Dis eers nou met my verlossing en vryheid van vergifnis dat ek net n normale grote handsak dra, my skouers het uitendelik rus gekry, my nekspiere slapper en my rug regop, en as daai dae kom wat ek my handsak wil oorlaai en volstop en ek sien hoe sy uitbult en glad ni toe wil maak nie, dan dop ek haar om en gooi uit en maak skoon. Dis nou ook van toepassing op my eie lewe. Ek's lankaal nie meer n opgaarder nie, ek klou nie vas soos kougom aan 'n wolkombers nie. Ek maak skoon, gooi uit en maak plek vi ander.

Leave a comment

Make sure you enter the (*) required information where indicated. HTML code is not allowed.