cover
Subscribe Free!Get the latest edition delivered directly to your inbox. Subscribe Stand a chance to win great prizes in each edition!

logo
Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 937
pinterest facebook twitter

submitnewsandevents

Become a contributor - find out how

Ek Lewe

October 29, 2013 By: Michelle van den Bergh

 'n Mens se lewe en lewensreise is soos n groot laslappies-kombers, 'n blokkies-kombers gehekel en gebind deur hordes kleurige wol-draade, op plekke styf gespang, op ander n biekie meer los. 'n Gatjie hier en 'n verlore steek daar, 'n tapesterie van kronkelpaaie en anderse draaie. 'n Gekompliseerde patroon hier en eenvoudige patroon da, 'n mengelmoes ingevlegte karakter-eienskappe vani mens, soos 'n ou paar skoene want nog lekker dra, 'n vernielde oorgroote trui wat al gekrimp en uitgerek het, meermale as wat mens kan onthou. Daai stukki troos waaraan jy kleef want dit bring heimwee en goeie herinneringe. Dis die tapesterie vannie lewe, 'n stukkie oulap, 'n stukkie houlap, 'n nagedagtenis, 'n stukki onthou, 'n hele verhaal, ingeryg in elke draad, elke garing, elke knopie, elke blokkie. 'n Stukki geskiedenis, 'n stukki erfenis. Hoe kan mens so iets weggooi? Dis soos om 'n stukkie van jou siel te verloor.

 

Die lewe is 'n lied, soms 'n rou-lied, soms 'n liefdes-lied, ander tyd 'n heimwee-lied, dan weer 'n loof-lief, 'n feesvier-lied, 'n dankbetuig-lied, 'n oggend-lied, 'n aand-lied, 'n lied vi elke dag, vi ieder en elk, soos elkeen sy gunsteling lied het, is elke dag 'n ander lied. Ons het altyd 'n keuse, om op te staan en te dans of om oppie kantlyn te sit en die musiek te geniet. Daar's altyd nog 'n dag met nog n lied. Die lewe is altyd 'n lied, of jy nou sit of dans.
 
Vandag het ek vreeslik lig gevoel, diep in my binneste het my gemoed gedans, my gees gesweef op arends-vlerke, my tyd het aangebreek, tyd om groter hoogtes te bereik, tyd om met oorgawe oor te gee aan n roeping, ek voel lewendig en verfris, niks kon vandag my vrede en vreugde steel nie, inteendeel kon niks dit demper nie. Ekt vanmiddag die mooiste reenboog uitgestrek bo-oor my kop beleef, 'n teken van God se getroue belofte. Ek mag maar vlieg, ek mag maar hoog sweef op arends-vlerke, met Sy goedkeuring wat ek so duidelik soos Sy stem in my binneste aanvoel.
 
'n Mens se perspektief verander drasties die dag as jy besluit om te begin leef in plaas van om net te bestaan.
 
'n Geloofsprong is soos om oppie punt van die hoogste berg te staan, af te kyk, jou hart klop uit jou bors en in jou ore, jou bloed jaag kop toe en jou asem snak weg, jou kniee raak lam en jou kop draai, maar een ding is verseker, dis op daardie oomblik dat jy eintlik besef, jy leef, jy is lewendig en dis opwindend!

Leave a comment

Make sure you enter the (*) required information where indicated. HTML code is not allowed.