cover
Subscribe Free!Get the latest edition delivered directly to your inbox. Subscribe Stand a chance to win great prizes in each edition!

logo
Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 937
pinterest facebook twitter

submitnewsandevents

Become a contributor - find out how

Sonskyn

October 29, 2013 By: Michelle van den Bergh

Die samelewing is vreeslik oppervlakkig en ek besef hoe ek baie jare lank gedwing en verplig was om self oppervlakkig te wees. Ek was alewig soos n wese op 'n rots, heen en weer meegesloer met elke golf wat oor my gespoel het. Ek't my hele wese en identiteit verloor. Ek't oral n plekkie innie son gesoek, maar net 'n tydelike heenkome gevind, tot die volgende golf gebreek het. Vandag is ek n diepe wese, stewig op God, want Hy is my rots en bergvesting en geen golf sal my net heen en weer klap soos n seil innie wind nie, ek sal weer opstaan en hoog staan. Ek't besef dat deur om openhartig, eerbaar en opregtelik eerlik te wees, dit my deursigtig en menslik gemaak het. Al dra ek my hart op my mou en deel my diepste diep, weet ek dat dit my vry maak en ander inspireer om vry te kom en vry te leef! Ons bind onsself aan ander se persepsies, ander se ankers van oordeel. Anker jouself aan God en leer jouself ken en sien deur Sy oe. Jy kan nooit iemand anders se skepping wees ni, niemand anders se drome herleef ni, niemand anders se spieel wees nie. Die masker wat jy opsit, is dieselfde wanindruk wat n spieel sal reflekteer. As jy 'n leuen glo en n leuen lewe, sal net jy jouself bedrieg, want di wereld sit en wag om vinger te wys en klippe te gooi. Of jy nou eerlik is of oneerlik, sal jy tog gesteenig word, maar ek sal eerder verkies om as eerlike gesteenig te word, want ek sterf eerder vi die waarheid as vi 'n leuen.

 

Die lewe is vol seisoene, dis nie soos innie hemel waar dit altyd immergroen is nie. Op hierdie aarde sal jy soos 'n plaasboer moet ploeg en bloedsweet vi jou stukkie immergroen. Dit wat jy saai, sal jy maai en dit wat jy plant, sal jy oes. Al plant jy elke dag net mostertsaadjies, sal jy nog steeds jou hart se immergroen oase moet beskerm teen onkruid en indringer plante, dis die seisoene van n aardse lewe. Al glo jy, jy't hierdie jaar goed geplant en jy voorsien 'n goeie oes, is daar geen waarborge teen sneeustorms, haelstorms, vloede en droogtestorms nie. Al le jou hart se immergroen bedek deur die storms vannie lewe, moet jy bly glo dat jy weer immergroen sal wees, na die storms. Met God se Hand oor jou immergroen oase-hart, sal di storms gaan le en Sy lig sal weer skyn en di doudruppels sal soos diamante inni son glinster. God se trane was skoon, gee lewe en maak opnuut, terwyl ons trane op aarde soutstrepe agterlaat en gate so groot soos kraters in ons immergroen oase-harte wegvreet. Jy kan kies om jou immergroen oase-hart te laat vergrys en verkalk deur di sout van jou trane, of jy kan elke dag kies om in God se Glorie en Genade te stort en jou immergroen oase-hart te voed. Vandag kies ek om in God se Glorie te staan, di onkruid van gister met wortel en tak uit te roei en plek te maak vi nog n mostertsaadjie. n Warm bedding van Geloof en Hoop vi n beter dag en n beter oes. Met God se Hand oor my stukki immergroen oase-hart, sal elke dag n goeie oes-dag wees! Shalom en Namaste!!!
 

Leave a comment

Make sure you enter the (*) required information where indicated. HTML code is not allowed.