cover
Subscribe Free!Get the latest edition delivered directly to your inbox. Subscribe Stand a chance to win great prizes in each edition!

logo
Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 937
pinterest facebook twitter

submitnewsandevents

Become a contributor - find out how

Letsels vannie lewe

November 12, 2013 By: Michelle van den Bergh

Ek staan in die ry by 'n betaalpunt in Shoprite. Entjie vooor my in die langsaanse ry staan 'n ou egpaartjie, dalk nie so oud nie, maar verouderd deur die lewe se houe, goedkoop-wyn-verniel en opgesukkel, maar straatwys. Mens sien dit aan hul vuil hande, dit kan seker nie meer ordentlik skoonkom nie. Letsels vannie lewe, maar hulle lyk rustig, effe speels met mekkaar soos pasverliefdes. Hulle kyk op na my en groetknik en ek groet terug. Die man kyk na my en seg: God Loves me just as I am. Ek seg vi hom, Indeed, God Loves you so very very much. Meteens lyk dit op hy n huppel in sy hart kry. My oe skiet vol trane en my hart brand en onbewustelik gaan hulle voort, my hart is seer, ek kry seer vi hulle, maar ten minstehet hulle God se bevsting van Liefde gekry. Die boodskap is oorgedra!!

 Laasnag het ek vreeslik gesukkel om te slaap, my kop was weer op een of ander mallemeule, my man seg ek kners my tande deesdae vreeslik in my slaap en ek praat oneindig deurmekkaar. Die afgelope week se storms het nie net aan ons pophuis se dak geruk nie, maar beslis ook aan my gemoedere en my hartsnare. Ek het n ou jas met n "hoodie" gaan uitkrap en dit sommer bed toe aangetrek. Dit het my meteens teruggeneem na my lewensreis met God, so ses jare terug. Ek was n gebroke "vessel" in die hande van my Meester, die pottebakker en na al die jare se gelas, gelap en gespoeg en geplak, het die keerpunt gekom toe my Meester my platslaan met 'n hammer en my van nuuts vaf begin brei en bewerk. Dit was n fase in my lewe waar God my van als moes stroop sodat ek net op Hom kon fokus, ek moes op Hom wag, Hom vertrou en Hom hoor. Hyt als wat my aandag van Hom afgelei het verwyder en ek moes net op Hom staatmaak. Dit was ook 'n koue, nat en winderige Winter innie skiereiland. Ek en Jamie het ons op 'n stoep bevind en op karton bokse geslaap snags, bedags het ons by die sopkombuis geeet en as dit so erg reen het ons oppie stasie se perron gesit en uitgestaar na die wye oseaan. Vir kleine Jamie was dit 'n hengse avontuur en ek het hom speel-speel daardeur gedra terwyl God ons veilig gehou het en ons nader aan Hom gebring het. Ons ander straat-bure het uitgekyk vi ons en was altyd so begaafd tenoor ons. Mense wat di lewe oppie straat lank geken het en di letsels daarvan diep gedra het. Ek onthou vi tannie Aletta, sy was n verpleegster van ouds en dinge het so deurmekkaar geraak in haar lewe, sy di holtes vani straat verkies. Syt elke dag voor di stasie gebou gesit en bedel vi haar wyn geldjie, daai goedkoopwyn wat soos geel visolie gelyk het. Dit was haar ontvlugting van die werklikheid. My hart het uitgegaan na haar. Toe was daar Gwen en Nigel, die entrepenuers-egpaar wat innie berge gewoon het, sommer in 'n skuiling in n grot. Hulle het besigheids kaartjies laat maak en so het hulle die volk se garages en huise "de-clutter" en opgeruim. Als wat uitgegooi was en weggegooi moes word het hulle gaan verkoop by skroot plekke en tweedehandse oudhede winkels ... en so het di lewe elke dag aangegaan. Ek en Jamie is kort daarna weg en op n nuwe fase van ons lewensreis, maar tog het ons elke nou en dan teruggegaan om ons dierbare straat-familie te gaan sien. Nou as ek daai baadjie aantrek, dink ek terug aan hoe ek met daai baadjie geslaap het, hoe ek elke liewe stukkie klere wat ek besit het bo-mekkaar aangetrek het net om warm te bly. En as dit so koud en nat is soos nou, dink ek aan ons liewe straat-familie, die velore en gebroke skape wat ons op ons lewensreis ontmoet het. Ekt nooit weer met dieselfde oge na n straat-mens gekyk nie ... hulle harte klop diep!

Leave a comment

Make sure you enter the (*) required information where indicated. HTML code is not allowed.