Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 937
Print this page
pinterest facebook twitter

submitnewsandevents

Become a contributor - find out how

Tools | Land n Sand

Kaalvoet Tussen die Daisies

November 14, 2013 By: Michelle van den Bergh

Die Lewe innie sewentigs en tagtigs was so lekker eenvoudig; kaalvoet tussen die daisies en die lang vaalgras. Dit was 'n bubblegum era van borrels-blaas en jou hart op jou mou dra, die lewe was ongekompliseerd en sonder voorwendsels. Almal het na mooshy liefdesliedjies geluister, romantiese flieks by die ope-lug inry gaan kyk en storieromanse oppi draadloos en in fotoboeke verober. Selfs die tawwe weermag kerels, hulle was nou mos suckers vi die liefde, met hulle lang innige liefdesbriewe aan n noointjie by di huis. Hoe ironies, want dis die tye wat die liefde regtig 'seergemaak' het, seker omdat almal meer opreg was in doerie jare. Met di koms vani negentigs en die millenium draai, toe word als soveel meer gekompliseerd, liefde word woorwaardelik, mense kom met allerhande voorwendsels en als word goedkoop en plasties - en die liefde, soos 'n ou stuk lieslap oppie ashoop weggegooi.

 

Ons het op 'n reuse plot gebly, destyds was dit nog plaasland, voor daar 'n groot hoofweg langsaan gebou is en dit in 'n voorstad verander was. Ons was omring deur twee groot riviere en dis hier waar ek baie dae kaalvoet gespeel het en my wereldjie verbreed het. Daar het reuse sonneblomme sommer so wild innie riviere gegroei, so hoog en lank soos boontjie-ranke, met songesigte so groot soos my hele kop. Dit was vi my sulke kosbare jare, ek't hoog innie granaat bome geklim, die ou honderdjaar oue granaatboom. In een van die hoeplafon plaashuise was 'n ondervloerse solder, so donker en misterieeus. Ek't baie spookstories en draakstories bedink van wat alles daaronder kriewel, ek kon nie my nuuskierigheid hou nie, maar my moed het my altyd begewe, die houtvloer was swaar en ek kon dit nooit gelig gekry het nie, daar was dae wat my pa hulle onder gegaan het en ek't bo agtergebly en loer-loer probeer sien wat diep in daai grote gat onner die vloer aangegaan het, ek dink amper dit was verbode om af te gaan en ek was bag die deur slaan agter my toe en niemand sou my ooit weer vind nie. Tot hede toe, ken ek nie van die geheime toegesluit onder daai vloer nie. Ek het beslis 'n baie ryke en kleurvolle verbeelding ontwikkel op hierdie groot ou plaas met sy lang kaktusse wat langs die huise gestrek het, met sulke lang wit stekeldorings, my eie land van la cucarachas, waar ek die werkers te kindertjies bymekaar gemaak het en ons het Hamba Chi Kali, So Hamba Chi kali kali gesing. Vandag is ek lankaal nie meer deel van daai plaas waar ek so baie van my kinderdae en jare, deur gebring het nie, dit was beide my ontvlugtingsoord sowel as my gevangenis, daar waar my onskuld verpletter is, maar ook waar my begin en my 'einde' geskryf is en ingets is, waar ek my naam innie sand gskryf het en my voetspore inni stof gele het, my trane in stof verander het en die klank vannie songoggas my altyd sal bybly.

Dit was my hemel en my hel.

My ma het altyd di lekkerste kaiings gemaak, ek was veersot daarop. Sy altyd sulke groot kastrolle gehad waarin sy die kaiings gaargebraai het en agterna met n vadoek toegegooi het en laat staan het om af te koel. Ek het gewag totdat sy klaar was en toe sy uitgaan om wasgoed te gaan ophang, gaan kruip ek innie spens weg en wag my kans af om die kaiings te verober. Soos 'n waffersee gouelokkies eet ek my trommeldik aani kaiings. Na 'n lange stilte, begin my ma my soek en soek en rasend soek, toe vind sy my kop onderstebo binne innie kastrol, dik geeet en vas aani slaap.
 
Ons het n yslike swaar outydse plaasyskas gehad. Ek kani presies seg hoe oud sy was nie, maar sy was al innie omtes nog voor ek sonlig gesien het. Hierdie yskas was vi my soos n Pandora se boksie, net lewensgroot en ek't omtrent heel binne ingepas as tjokkertjie. Sy't so 'n lang yster handvatsel gehad wat amper nes n volla se deur oopgemaak het. Binne in daai deur was altyd my ma se verassingsgebak, 'n dietjie en 'n datjie as ek na skool tuis gekom het. My ma was maar altyd innie kombuis of innie agterkamer stryk-kamer, altyd besig met iets, altyd aanie werskaf. Toe my ma in 1993 oorlede is, opslag en noodlottig aan 'n grumotorongeluk, het daai yskas gaan staan. Sy't die gees gegee, presies dieselfde tyd toe my moeder haar laaste asem teug...

Related items