cover
Subscribe Free!Get the latest edition delivered directly to your inbox. Subscribe Stand a chance to win great prizes in each edition!

logo
Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 937
pinterest facebook twitter

submitnewsandevents

Become a contributor - find out how

Als is Nie Verlore Nie

December 17, 2013 By:

12 Desember 2013, Michelle se Facebook blad: DIE KAMP BRAND AF!!!!!!!!!!!!!

Dag drie van die Groot Opruim - 13 Desember 2013

Ons straat is vanoggend een droewige steenkool skildery, stukkies van die mense se hele wese in sak en as die vlakstes oor verstrooi. Die reuse vlamme als in sy pad verober, pyn en ellende is al wat oorbly. Prys Jesus, die vlamme het ons huis net-net gemis maar die donkerblou rook wolke nog vasgevang in ons klere en in ons longe. Ons is sonder krag en water, ek sien nog die gasbottels wat ontplof en die hemelruim inskiet, soos n maantuig op koers na die buiteruimtes. Steeds het ons soveel om dankbaar voor te wees, God gaan als weer nuut maak.

Nog n sonsak daal op die kamp neer, die verpletterde aarde is uitgehol en elke verlore stem weerklink soos uit n donker woud. Die wind se geblaas is n eggo deur die spokies-straat. Ek voel soos n siel in rou, soos n siel met verlies. Die realiteit skop nou eers nes in die holtes van ons gemoedere, na die stof gaan leg het en ons adrenalien gesak het, tref die donker aangesig jou soos n bak koue water deur jou gesig. Die voeltjies is stil. Dis n doodse stilte wat oor ons hang, n diepe donker soos die steenkool stukkie land wat soos n oop graf voor ons leg, 'n gat wat ons in stukke skeur. Ironies, toe ons drie jaar gelede ons hier kom vestig, toe word dit vir my geseg ons straat se naam is Nelson Mandela Laan ... ja hoe ironies is dit nie op hierdie tyd nie? Die donkerte is nog meer intens sonder die warmte van n liggie hier en n liggie daar. Lig is mos tog n teken van lewe, maar hier in die vaaldowwe kerslig voel dit soos n hartseer oomblik met die stadige flikker van die ou vlammetjies, dieselfde sagte vlammetjie wat nou so onskuldig lyk maar wat diepe wonde agterlaat. Ons het hierdie jaar besluit dat ons nie Kersfees op n weeld se manier sou vier nie, maar eerder God se lig aan die wereld te laat seevier en dat ons net liggies sal aansit om die boom en kerse brand en hierdie jaar gaan ons Sy lig vier. Nou sit ons in die stikdonkerte, met kerslig wat nie herinner aan lig nie maar eerder ons terugneem na gister se verwoesting. Selfs die kerslig is n effe hartseer skynsel of dalk besigtig ek die oomblik deur n donkerbril.

Trane en sweet laat grys as-strepe op mens se gesig agter, my lyf is seer van die skok, my kniege van vooraf seergemaak, my kop en my lyf bewe, elkeen op sy eie ritmes, ek voel plat met die aarde, ek voel nog so klein teen die vuur se uit-toring bo oor my kop terwyl sy hitte my wange soen en my voorkop omvou, elke stukkie van my lyf het lam geword in die aangesig van die vlamme wat al hoe nader gekom het. Die stukkies vlamme het op die krag drade gedans soos aan n dinamiet-stokkie se lont. Die geskreeu en geskarrel van mense in verskillende rigtings, soos miere wat uit n miernes vlug. Die gemeenskap is geruk, soos die aarde ruk met elke gasbottel se ontploffing, gebede skiet die lug in met elke stukkie ding wat die lug inskiet. Ek staan en kyk en ek staan langs my huis, ek maak my hart los en my gedagtes groet. Ek wil my huis groet en haar bedank vir al die mooi herinneringe wat in haar dieptes gaan begrawe word. Ek is moeg, ek wou instap en op my bed gaan leg en my oge toemaak en hoop als is net n slegte droom, maar ek moet omdraai en wegloop en nie omkyk nie, dalk verander ek in n soutpilaar. Die wit poeier-druppels uit die brandweerwaens se blussers is soos sneeuvlokkies deur Jerusalem se strate, maar tog is die aarde skroeiwarm in hierdie dorre donker woesstyn. Ek is stomgeslaan.

Dis dag twee van die Groot Opruim - 14 Desember 2013

Die verkoolde aarde word omgespit om plek te maak vir 'n nuwe begin

Al trek daar n genade-briesie deur die lug, voel mens nog die hitte uit die verkoolde aarde uit opstyg, soos siele wat die aarde verlaat en die hemelruim invaar.Die donkerswart bome soos poortpilare tussen hemel en aarde.

Oppad na my facial-bederfie by my vriendin Linda, sien ek die hordes families wat hul tuistes in die brand verloor het, uitgekamp in vrolike tente, opgeslaan in die ddagkamp. Dit lyk na n feestelike affere en ek dink by myself, dalk is dit net die bietjie van n "vakansie-wegbreek" gevoel wat hulle so broodnodig gehad het en ek is dankbaar vir die stukkie silver-randjie aan ieder se donkerwolk.

Sonder krag gaan ons terug na die ou dae van kersopsteek, n heerlike nostalgie vir die siel. Dit dwing ons ook om meer tyd saam te bring sonder die televisies en draadlose en rekenaars wat alewig inbreuk maak op ons lewens en die lewens van ons kinders. Daar's nou meer tyd vir God en familie, vir asemskep in God se pragtige buitelug en vir luilekker stappies langs die see en tyd om net te wees, sonder enige hoege frekwensies wat ons siele so op hol laat jaag en ons siekmaak nie. Is dit nie wonderlik nie? Daar is beslis n Seen in die elektronieselose "ongerief".

Stadig maar seker kom die voeltjies terug en sing n sagte oggendlied, als is nie verlore nie. My hart jubel.

Dag drie van die Groot Opruim -15 Desember 2013

Die harde getimmer van die werkers wat die laaste staande stukkies verkoolde strukture afkap en platslaan, weergalm soos donderweer deur ons gebeendere, elke skrikwekkende kadoef, bring n galop in mens se hartklop mee en jy dink aan die ontploffings van daardie dag. Die geraas heeltemaal uit pas met die kerk-klok se gelui in die verte, die voeltjies sing en die sagte reendruppels koester liggies aan die seer aarde.

'n Wonderlike vroege Kersete by Pa-hulle met die familie lekker saam om een groot tafel oppi stoep. 'n Harde 2013 vir ons almal gewees, maar dis met sulke byeenkomste wat ons almal ons seeninge kan tel en saam in dankbaarheid staan.

Vanoggend kry ek dit op my hart om ons Kersboom te skenk, dalk moet ons dit in die dagkamp gaan opsit vir die mense wat daar uitkamp wat hul tuistes en als in die vuur verloor het, spread a little cheer.

Die water uit die kraan is so warm en onaangenaam soos woestyn-sand in my keel. Sjoe, nou mis ek my yskas, eintlik mis ek die krag om my yskas te laat werk, maar n volstruis eierdop sal ook goed werk ... LOL!

Dag vier - 16 Desember 2013

Dit sou lekker wees om net vir n lekseltjie verfrissende reen te vra maar die idee van pikswart asmodderpoele is beslis nie my idee van n lekkerte nie, so ons los maar daardie gedagte net daar.

Ek het maar redelik stil deur die Mandela-rouweek gegaan, die hele "hype" vermy en eers vanoggend kon ek n traan stort toe ek weer sy kis sien afsak, die eenvoudige, natuurlike, kwesbare menslikheid het my geraak, sonder enige fieterjasies en aansit en bohaai wat die oomblik sou bederf. Rus sag Tata, jys nou eers heeltemal vry.

Dag vyf - 17 Desember 2013

'n salige oggend, met die wind wat met sy doedelsak op en af speel en die boom se heen en weer gekraak in harmonie met die wind se blaas. Goeiemore wereld!!

Michelle's house was spared - the fire stopped one house from hers, so it was a terrifying experience. They're still without electricity - ironic, considering the fire was allegedly started by an electrical overload. Gratitude and heartfelt thanks to: community volunteers, the general public, Facebook friends, churches and Solidarity Helping Hands. You can follow (or friend request) her on Facebook here.

Keep an eye on the Somerset West community Facebook group to see a tight knit, caring community in action - to name just two of the people who are still working tirelessly to help the Kay's community recover, and even have a good Christmas: Ethel du Plessis and Leone Murray - who also supplied some of the photos in this blog, but there are many more.) 

Photo credit: Anton Van Den Eijkel

2 comments

  • Comment Link Chatlines Sunday, 08 June 2014 10:32 posted by Chatlines

    Normally I do not read article on blogs, however I would like to say that this write-up very forced me to try and do it! Your writing taste has been amazed me. Thanks, very nice post.

    Report
  • Comment Link her comment here Thursday, 08 May 2014 12:21 posted by her comment here

    I conceive you have mentioned some very interesting points , regards for the post.

    Report

Leave a comment

Make sure you enter the (*) required information where indicated. HTML code is not allowed.