cover
Subscribe Free!Get the latest edition delivered directly to your inbox. Subscribe Stand a chance to win great prizes in each edition!

logo
Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 937
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 982
pinterest facebook twitter

submitnewsandevents

Become a contributor - find out how

Nuwe Junior Stellenbosch Strykorkes

October 10, 2013 By: Marike van der Watt

Op 3 Oktober het 35 jong violiste en tjelliste en hulle ouers die bekendstelling en eerste oefening van die nuwe Stellenbosch Junior Strykorkes in die Fismersaal van die US Konservatorium bygewoon. Hierdie orkes staan onder leiding van Louis van der Watt, lektor in viool en altviool aan die US Konservatorium en dirigent van Canticum Novum, die kerkkoor verbonde aan Stellenbosch Moederkerk.

Danksy die samewerking en entoesiasme van verskeie musiekonderwysers in die omgewing, kan hierdie jong spelers tussen die ouderdomme van 7-15 jaar van jongs af die geleentheid kry om saam musiek te maak. Louis, wat die Hugo Lambrechts Strykorkes in die tagtigerjare op die been gebring en vir 14 die dirigent daarvan was tot en met sy aanstelling by die US, sien daarna uit om weer met die jonger spelers te werk. Sy orkesloopbaan het hy self as 11-jarige in die Vrystaatse Jeugorkes begin en hy onthou nou nog hoe ’n groot indruk die eerste oefening op hom gemaak het. Hy het oor die jare ook wonderlike vriendskappe gesmee danksy sy betrokkenheid by orkeste – wat insluit die Vrystaat/PACOFS Simfonieorkes, die US Stryk- en US Simfonieorkeste, die Kaapstadse Simfonieorkes en die KRUIK-orkes.

By die eerste oefening van die Stellenbosch Junior Strykorkes, het die groep eers opgedeel in verskillende seksies. Louis het met die eerste en tweede viole gewerk, twee van sy studente, Michaela van Blerk en Lisa-Mari Rens, het die derde en vierde viole en altviool gehelp, en Marelise Diener het die tjello’s op die regte spoor gekry. Aan die einde van die oefening kon die hele groep hulle ouers al beïndruk met hulle eerste samespel.

Die orkes sal weekliks by Laerskool Stellenbosch bymekaarkom, waar mnr. Hawkie de Villiers die nuwe orkeskamer beskikbaar gestel het. Die orkes is ook genooi om einde November vir die eerste keer daar op te tree.

Besoek gerus die orkes se blad op Facebook om op hoogte te bly van hulle vordering.

Enige instansie wat belangstel om by die orkes betrokke te raak, of wil nader vir optredes, kan die bestuurder, Marike van der Watt,  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .

Source: Eikestad Nuus

Marike van der Watt het al met Bulterriërs geteel, in kore gesing en by haar drie kinders se skool koeldrank verkoop tydens die atletiekbyeenkoms. Sy is tans besig met die graad MPhil in vertaling aan die Universiteit Stellenbosch, en hoop om eersdaags haar tesis, met die titel “Die Afrikaanse bestemming van CS Lewis se Voyage of the Dawn Treader", in te lewer. Sy is ook besig met Madri Victor se skryfkursus.

Sy is die eienaar van Bluebells in Greyton, in die Overberg.

Leave a comment

Make sure you enter the (*) required information where indicated. HTML code is not allowed.