cover
Subscribe Free!Get the latest edition delivered directly to your inbox. Subscribe Stand a chance to win great prizes in each edition!

logo
Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 937
pinterest facebook twitter

submitnewsandevents

Become a contributor - find out how

Weskaap Fotos Asseblief

January 24, 2014 By:

Daar is ’n afdeling in die Weg reistydskrif wat ons “Toe en Nou” noem. Op hierdie blad vergelyk ons ’n ou foto van ’n bekende landmerk in Suider-Afrika met ’n meer onlangse foto. Ons skryf ook ’n kort opsomming van die geskiedenis van die plek: hoe het dit tot stand gekom, wat is vandag nog dieselfde en wat het intussen verander, ensovoorts. Die doel van hierdie artikels is om die lesers op te voed oor interessante plekke – veral op die platteland – waar hulle gewoonlik sou verbyry, maar nou by kan stilhou om ’n bietjie rond te kyk en die geskiedenis te waardeer.
 Hier onder in die Kaap is dit redelik maklik om bruikbare ou foto’s van bekende geboue, kerke, brûe, endiesmeer in die Argief op te spoor, maar ons spook nogal om goeie materiaal van die res van die land in te win – bloot omdat ons joernaliste nie so gereeld by al die dorpsmuseums uitkom nie.

 

Ek sal dit baie waardeer as julle my kan inlig omtrent die versameling ou swart/wit-foto’s van bekende (en steeds bestaande!) landmerke in julle omgewing. As ons dit op rekord het kan ons die volgende keer dat ’n joernalis daar verbygaan reël dat hy/sy ’n foto gaan neem van hoe die plek deesdae lyk en ’n kort artikel daaroor in Weg publiseer.

Ek besef my versoek is waarskynlik ’n veel groter taak as wat ek my kan indink... enige bydraes en voorstelle is egter welkom! Rig julle e-pos asseblief aan:   This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  

There’s a section in the go! travel magazine called “Then and Now”, in which we compare an old photograph of a well-known landmark in southern Africa with a recent picture. We include a brief history: how and when the place was established or built, how it has changed, and which aspects have remained the same. The aim is to educate readers about interesting places that they might not have known about otherwise – especially places in the platteland. The kind of buildings they would have bypassed, but which actually deserve a visit.  

It is relatively easy to find old pictures of well-known buildings, churches, bridges etc. around Cape Town in the National Archive, but finding similar photos of other landmarks across the country is always a challenge. It is not always possible for our journalists to visit the local museum when they are travelling.

Therefore I would appreciate it if you could send me any information regarding black-and-white photos of well-known landmarks in your town or province. If we have the old picture, it would be easy for a journalist to photograph the recent scene when travelling in the area. Both will be published in “Then and Now”. Please send your response to   This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  
I realise my request might prove no easy feat, but any contribution or suggestion will be welcome.      

Leave a comment

Make sure you enter the (*) required information where indicated. HTML code is not allowed.